Mabel in die maanskyn

Tante Doris was n weduwee en een van daai tantes met tande wat jou ouma se wit geseepde vadoeke sal laat proes, lippe op n plooi getrek het sy en haar borsspeld jou altyd uit die hoogte besigtig.  Uit die fyn vrou se binneste het gekom n besondere stem van ballonne wat mekaar verkeerd opvryf, Sy was a musiek en sang juffrou en ook my ma se ma se niggie se dogter. Geselligheid was vriendelik verplig. Tante Doris het so manier gehad om jou van agter te betrap vir n rugvryfie en met n bol in jou broek. Al proe jy haar wolk hoes soet parfuum wat jou neus laat jeuk en ore laat sing en haar oorbeskermend toevou, was dit te laat. Dis n klap, gryp, hoes en poep. Jy het vir dae met n blou benerige hand merk tussen jou vlerkies geloop

Elke Sondag middag het ons uitgery plaas toe na kerk vir koek en tee en n rugvryfie. dit was eers n gesmeek en gesoebat gevolg deur lang geoefende krokodil trane en dan dikbek opgeprop in die stasiewa. ek hou van plase, en hoenders en boere, en wingerd, en skape en tamaties, maar al wat jy op die plaaswerf kon kry, was grease en suurstof. die honde was so maer, jy moes alle stokkies en takke mistrap vir die geval dat dit dalk Stoffel, ou Nella of Brutus was.

In die voorhuis was die grootmense bedien met rooibos tee en yskas tert in die fynste teekoppies en pierings, wat jy kon gebruik vir n bed lampie, en dit was versigtig versier met goue krulle en linte al in die rondte. Dit het my altyd laat dink aan my dolfyn hangertjie wat ek een jaar vir kersfees gekry het. Ons mag nooit gevat het nie, net gekyk het. Die lot met wat ons tevrede moes wees was die blou plastiek bekers wat jou tande wil laat borsel sodra jy drink, gevul met rooi Jannie verjaar koeldrank wat jou mond laat lyk asof jy n bloed suier is.

Al kind wat in die voorhuis kon sit en yskastert eet was tante Doris se dik dowwe dogter Mabel. Sy was ook geseend met die musikale en het altyd met n klein viooltjie rondgeloop wat gelyk het asof die moesie belaaide trol onder die brug n queen victoria koek vurkie vashou. Sy was so wit soos die maan se boude met moesies met n bril so dik jy kon dit maklik verwar as n paar spice girl skoene. Wanneer Mabel beweeg het kon jy die aarde hoor kreun en sug. Ek is waarlik verbaas sy het nog nie een van die honde plat getrap nie.

Daar het n dag gekom wat ons besluit het om skelm in te sluip by die voorhuis vir n proeseltjie yskas tert en kriesel grootmens geselskap. Ek het myself ingewurm gekry tussen n swaar fluweel Victoriaanse stoel en die glaskas vol porselein poppies en kaggel kakkies. Die posisie was albei gevaarlik maar soet. Ek was ver van die deur maar naby aan die tert. Elke keer as die grootmense n laggie of proesie gegee het was my hand in die tert. Dit was nogal lekker. Ongelooflik soet met stukke goed wat ek dink voorheen pynappel kon gewees het, my maag het geskree die oomblik toe my hand in die tert land. Geen wonder die toilet kry sulke goeie geselskap elke middag nie.

Dit was na n paar rondtes van politiek en grootmens praatjies wat Tante Doris vir die dik Mabel en haar klein viooltjie in kollig in gevryf het. Ek kon nie besluit wat was meer hartseer tussen die mooi musiek of die reus wat lyk of sy haar tande met n stoelpoot skoon maak nie. Ek sien toe haar rok wat suutjies in haar pantie vas geknyp was tussen twee berge van jare se yskas tert en plaasbrood. Die lag het my so skielik oorval, voor ek my weer kon kry was my gesteelde tert deur my neus en my elmboog deur die glas kas. Die Mabel het paniekerig amper die ou viooltjie heeltemal in gesluk en tante Doris het haar tee oorhaarself gegooi terwyl sy en haar borspeld gesnak het na lug vir n beskaafde gilletjie. Ek kon sien my ma moes mooi pose hou of anders is almal van die plaas af verbied.

Ek was toe nooit genooi vir tee en tert in die voorhuis nie. Hulle het weg getrek voor my mondig wording so ek was gelukkig in die buitelug met ketties in die bloekom woud en het met lang lenige bene op die gras baljaar tussen springkane en vliee.

Advertisements