Bloemfontein breakfast

ImageImageImageImageImage

Advertisements

Yesterday, today, forever

Ek mis julle vandag.

Die reuk van koel sement plaveisel, braaivleis, songebakte gras en n staysoft handdoek vol somerson.

Ons eet Griekse melktert met ons ingelegde swembad kloor hande.

Waatlemoen drup by ons bene af en los taai strepe bespikkel met pitte.

en agter in die hoek staan die yesterday-today-tomorrow.

Ek noem dit sommer die yesterday-today-forever.

KALAHARI tan

Dis altyd ´n geskarrel as daar gepak word.

Ons is oppad Kalahari toe. N jag uitstappie maar vir my sommer net n uitstappie aangesien die idee van bok karkasse rondsleep in sand my nie aanstaan nie.

Humeure, skoene en tandeborsels vlieg oor en weer tussen vertrekke en in die gang af, by die voordeur uit, tot in die bure se voortuin, terwyl die ketel kook vir fles koffie en blou gekookte eiers ongeduldig in die warm water hop. Uiteindelik. Die kar is gelaai, ek trek my belt styf, strek my kuite en klim in die kar.

Ek en Sandra, sit langbeen op die stoep terwyl ons bak in die geselligheid van die rooi Kalahari duine en sluk aan ons wyn toe die horison  aan die beweeg gaan met brullende bakkies wat warm stof in die lug rond gooi. En die trop jagters het gearriveer.

As jy jou voorstel aan hoe n groep jagters moet lyk, dan ruik jy hulle sommer voor jy hulle sien, maar my verbasing het sommer langs my kom sit op die stoep toe daar 2 petite poppies saam met die trop uit die massiewe voertuie hop.

Al wat hulle kom jag is son en suurstof.

So maer dat jy hulle deur hulle oorgroot  diamant ringe kan trek, word die ‘hand sani’ en vuil kyke rondgewaai soos Triomf se wasgoed in die wind.

Eweskielik bewus van die geselskap, trek my bene hulleself onder die gawe proporsies van my lyf in en Sandra hier langs my gee die konsentrasie kamp beentjies (met been hare lyk dit seker soos hakkies draad) net n lui loer oor haar donkerbril en ons vat nog n sluk.

Dit was nie lank nie toe sit die matchsticks met mascara langs ons en bak in die skroeiend son, wyn in hand, kuier ons toe n bok uit n duin uit. Ek sit en gorrel nog n lag en sluk wyn toe ek verras is met n strip show sonder enige show want die potlood poppies het voor my gestaan in hulle Victoria Secret frills en pinks.

‘Kom, trek uit ons gaan tan‘.

Ek verstik aan my lag en wyn en lyk toe soos n waterballon vol gaatjies soos ligaamlik en alcoholiese vloeistof oor my gesig stroom. Lyk my hulle het nog nie genoeg met die son gesosialiseer nie en vat nou maar die kans in hulle pênties en bras terwyl die manne in die duine doenig is. Een was braaf genoeg om haar agterstewe vir die son te wys en slinger haar frille na eenkant.

Hulle kon die skreeunde ‘nee’ op my gesig sien, so ek was veilig gelos op my stoel eiland in my klere.

Maar net daar besluit die jagters om n terugkeur te maak na kos en (nog) drank in n bakkie vol bloed en brandewyn dorstige manne, wat aangevoer word deur n gevaarlike kombinasie van drank en sweet walms, gelaai met bekke vol Bok van Blerk en n vrag bokke met enkele kopskote.

Die wederkoms? Naby. Dit was gille en jille, meisies wat skarrel na rompies in n storm van stof, grypend hande, barbare en bokke.

Ek skop die pêntie in die sand in en gooi toe nog n glas wyn.