SOMTYDS SWEM EK

DIE AVONTURE VAN MANGO BEK.

Ek het nog altyd n groot liefde gehad vir water. Met Portugese soutwater vrate en Viking ysmanne vir voorvaders het dit my plig geword met geboorte en gene om ook van water te hou. Ek trotseer die blou al is dit so koud soos jou skoonma se blik, so rof soos n biker se vuishou, so diep soos die kamp long drop en so ontstuimig soos oom Koos se wenkbroue.

As ek n lang ruk nie myself deurdrenk met die vars vloeistof nie, kry ek ontrekking simptome en vel wat begin knetter, krimp en kraak soos Breyten Breytenbach se interpretasie van ‘Tyd’.

Dis somer en natuurlik ek besluit om bank duik voor die televisie te ruil vir n duik in die gimnasium se lieflike soutwater swembad. Iemand moet daai baaibroek in my kas vir die son wys. My hande vol hare is plat gedruk in die silicone doppie, padda oë op my kop en handdoek om my lyf, trotseer ek die reuk van chloor. Opsoek na n oop baan besef ek die onmoontlikheid van die taak tussen die male meule van arms en bene wat verwoerd heen en weer swaai soos roei spane op die Oranje Rivier. Uiteindelik skuif G.I. Jane opsy om te deel. So gaaf. Terwyl ek nog ‘plesiere en maniere’ vang my oog so deur die gespat en gespartel n oom wie mik vir my plekkie. Nog voor ek swembroek uit my boud trek, arms swaai en spiere klap, duik ek vir volk en vaderland.

Dis koel soos ek die stille water wêreld binnetree. Ek kan hoor hoe my vel sug van plesier soos ek omvou word met blou. Dit word toe vinnig realiteit dat ek nie kiewe geërf het nie, maar wel n stel longe wat skree vir lug. Ek skep n vinnige asem, koes vir n paar arms van 2 bane links, en swem histeries, padda oë om my nek.

Met n hoes, (poep), spoeg en spat reik ek na die kant muur vir oorlewing en gryp n enkel. Kneukels wit, kyk ek op teen die goue lig en die vollengte profiel van spiere glimlag vir my. ‘n god, arms gevou, tuur hy die verte in terwyl die lig om hom saggies sing. Ek dog ek het in die muur vas geswem en is in die hemel toe Adonis vir my kneukels kyk en die padda terug moes duik vir oorlewing.

‘n paar lengtes later staan ek rooigesig en hyg, maar in my noppies. Ek staan en lag vir myself oor hoe bang ek was to my nuwe buurman langs my opkom en dit is Adonis. Ek vat n long vol lug om weg te skop voor ek in n tropiese kleur verander, toe hy vir my vra: ‘nice dueim swim gulash bub?’. Natuurlik het ek maniere en probeer myself regop kry om te chat met my trouman maar ek val gesig eerste en spartel soos ek verdrink word deur die hande van verleentheid. Terwyl ek myself amper verdrink, skiet my regterbeen bodem toe om vir sy hand in huwelik te vra, kry ek dit reg om myself te stut vir n sekonde. Ek knik my kop, gee n spoegbek glimlag en val verder onder die water.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s