BITTER+SOET – die boek

Dit is met glashelder oe en sagte emosie woorde wat bekende kos skrywer Niel Stemmet deel van sy ervarings, geheime en erfeniskos. Jy voel die warmte van herinnering en liefde wat by sy mond uitspoel soos n dik vla, soet soos die skaam-wit skuim laag op n Sondag malva poeding.  Honger in die geelwarm kerslig is ons oë op Niel terwyl die Kaap wind om die hoek ruk en hy voorlees uit sy nuutste boorling Bitter+Soet.

– “ Hy het die soplepel gevat, die sop na sy mond geneem. Hy het my soetsuurdeegbrood dik met botter gesmeer en stuk vir stuk in die sop gedoop en mond toe gevat. ‘Weet jy, Mietha, ek is meestal ongelukkig, maar as ek by jou is dan is ek gelukkig.’ Agter sy oë was daar n damwal water wat ek kon sien hy hard moes keer om nie oor te loop en sy gesig te verdrink nie. ”

Die verhaal van Mietha Klaasen vertel deur Niel Stemmet is n boek van ‘wondervroue’ en hulle ‘seën- en trooskos’. n Erfeniskosboek met blaaie wat swaar hang onder die reuk van vleis en dik snye plaasbrood. Soet, sag en seer, en so bitterlik mooi.

Advertisements